Die Fees

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die negende jaar op die MSC Orchestra aangebied van 11 tot 15 April 2023. Vorige jare totaal uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Ons vaar vanaf Kaapstad na Walvisbaai. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as dertig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 011 844 6073. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com Vir die negende jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! NB: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsiderde en goedkoper kaartjies (van R50-R150 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R250) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by LTickets. Die feesprogram is al reeds beskikbaar. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by LTickets te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Orchestra beskikbaar wees teen $15 (ongeveer R195) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by LTickets te bespreek. Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting of epos aan admin@lefra.com