Oppiwater

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die sesde jaar op die MSC Orchestra aangebied van 5 tot 9 April 2021. Vorige jare totaal uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Ons vaar vanaf Durban na Mosambiek toe en besoek die pragtige eiland, Pomene. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as dertig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 087 630 0333. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com Vir die sewende jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! NB: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsiderde en goedkoper kaartjies (van R20-R95 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R250) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by Computicket. Die feesprogram vir die April vaart sal 32 Januarie 2021 bekendgestel word. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by Computicket te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Orchestra beskikbaar wees teen $15 (ongeveer R195) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by Computicket te bespreek. Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting of epos aan admin@lefra.com