Boodskap van die Feesdirekteur, Frans Swart

BOODSKAP VAN DIE FEESDIREKTEUR, FRANS SWART.
Kan jy glo? Ons is al besig om te reël aan ons elfde Oppiwater Kunstefees. Nommer 10 in 2024 was groot en lekker! Deur die jare het ons besef dat die Oppiwater Kunstefees ‘n unieke konsep is in die wêreld … ‘n volwaardige kunstefees op ‘n plesierboot. Jy verloor jouself in ‘n borrel van die kunste! So gemaklik met jou verblyf en alle etes ingesluit kan dit nie anders as om lekker kunstefees te hou. Ons skuur skouer met al die kunstenaars en maak wonderlike vriende. Deur die jare kon ons die Oppiwater Kunstefees totaal uitverkoop. Dit het beteken dat ons elke liewe venue, teater, sitkamer en gaatjie kon gebruik vir ons verskillende produksies. Ons het u hulp nodig om hierdie Kunsskippie so gou as moontlik uit te verkoop om die Oppiwater Kunstefees eksklusief vir Feesgangers te hou. Ons kontrak met MSC Cruises is dat ons Oppiwater 95% moet uitverkoop – anders is hulle genoodsaak om die skip oop te stel. Bespreek dus so gou as moontlik, sleep u vriende en familie saam. Of versprei net die Oppiwater-woord. In ons eerste jaar het ons Oppiwater binne ‘n week uitverkoop. In die tweede jaar binne 10 dae. Daar is van ons Feesgangers wat vir elke liewe jaar saam met ons kom kunstefees hou het – nie een jaar gemis vir tien jaar nie. Baie dankie vir u lojale ondersteuning!
Ons kan dit weer doen, want Oppiwater is uniek en lekker!
Kom kry JOU kuns Oppiwater!
FRANS SWART
FEESDIREKTEUR: OPPIWATER KUNSTEFEES