Program

MSC Cruises het ons versoek om skedulering van die Oppiwater Kunstefees terug te hou tot middel November aangesien ons nie graag weer produksies later wil skuif nie.

Ons versoek dat u asseblief geduldig sal wees. Ons kommunikeer met al ons Feesgangers sodra ons die groen lig van MSC Cruises het.
Hier is egter ‘n lusmaker van produksies wat reeds bevestig is:

  • ANY DREAM WILL DO – MY PAD MET WEBBER met André Schwartz
  • GÉ SING – HOOR MY LIED – huldeblykproduksie aan Gé Korsten
  • DINNER FOR ONE/ SOPPER VIR EEN met Elma Potgieter en Justin Strydom (Gys Swarts in Diepe Waters)
  • FEMME IS FATALE met Elzabe Zietsman
  • IN DIE SPORE VAN JESUS met Die Broers en ds Francois Gouws
  • BREL EN PIAF met Amanda Strydom en André Schwartz
  • CONRAD KOCH & CHESTER MISSING
  • MY VROU SE MAN SE VROU
  • SKILDER EN WYN OPPIWATER met Hannelie Swart
  • STATE OF THE HEART met Amanda Strydom
  • GROET DIE GROTMAN 2 met Phillru van Achterbergh

Hier is die volle progam vir die Oppiwate Kunstefees 2024