Lefra Winkel

Koop nou al jou produksie produkte by ons eie Lefra Winkel

 

Besoek hier!

Nuusbrief

Sluit nou gerus aan by Lefra Produksies se nuusbrief om die nuutste nuus oor al ons produksies te kry.

 

Sluit Aan!

RSG en Lefra Produksies se baie gewilde OPPIWATER KUNSTEFEES word vir die sesde jaar op die MSC MUSICA aangebied van 5 tot 9 April 2021. Vorige jare totaal uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Ons vaar vanaf Durban na Mosambiek toe en besoek die pragtige eiland, Pomene. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as twintig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 087 630 0333. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com Vir die sewende jaar gaan ons Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans. Die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! NB: Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsiderde en goedkoper kaartjies (van R20-R95 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R250) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by Computicket. Die Feesprogram sal teen 1 November 2018 beskikbaar wees. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by Computicket te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Musica beskikbaar wees teen $15 (ongeveer R195) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by Computicket te bespreek. Skakel gerus vir Lefra Produksies by (011) 815 3000 vir meer inligting of epos aan admin@lefra.com

Bespreek nou vir Oppiwater

Bespreek nou vir Oppiwater 2020,

25 - 30 Januarie 2021.

 

Bespreek hier!


Bespreek nou vir Oppiwater 2021,

5 - 9 April 2021.

 

Bespreek hier!

Kaartjies vir opvoerings

Bespreek nou vir al die produksie by vanjaar se Oppiwater by Computicket.