- Die kajuitpryse gekwotteer is per persoon wat deel;
- Pryse vir enkjelkajuite en kajuite vir persone met spesiale behoeftes is beskikbaar. Kontak MSC vir pryse en meer inligting oor hierdie kajuite by 087 630 0333;
- Kajuitpryse is kapasiteitsgedrewe wat beteken dat pryse gedurig wissel, en daarom kan slegs MSC Cruises vir u ‘n finale kwotasie gee;
- Omdat kajuitpryse kapasiteitsgedrewe is, beteken dit ook dat pryse laer is hoe vinniger u bespreek. Gekwoteerde pryse kan nie gehou word nie, en is die gekwoteerde prys slegs geldig sodra die bespreking bevestig is en die deposito betaal is;
- Ons raai dus al ons Feesgangers aan om so gou as moontlik te bespreek, want enige afslag is gewoonlik vroeër beskikbaar. Afslag word reeds deur die sisteem ingewerk en word nie noodwendig in u bespreking aangedui nie;
- Om die nuutste pryse te kry, kliek net op die BESPREEK HIER knoppies op die voorblad, of kliek regs bo.